MPUMALANGA. – 537 vuurwapens, asook ammunisie wat op ‘n kleinhoewe gestoor was, is tydens inspeksies ingevolge die vuurwapenbeheerwet deur die polisie in beslag geneem. Die vuurwapens was glo nie by ‘n vuurwapenhandelaar (55) se geregistreerde sakeperseel gestoor nie en hy is ingevolge die wet in hegtenis geneem.
Lt.kol. Amanda van Wyk, nasionale polisiewoordvoerder, sĂȘ die polisie het gedurende die week tydens operasie Buyisa 3 728 nakomingsinspeksies by sakepersele, insluitend wapenhandelaars en veiligheidsmaatskappye, uitgevoer. ân Voorlopige verslag dui daarop dat die taakspan inligting opgevolg het oor ân veiligheidsmaatskappy wat glo met vervalde vuurwapenlisensies in Middelburg bedryf is. DiĂ© vuurwapenhandelaar het nie aan die vereistes van die wet voldoen nie. Verdere ondersoek het die span na ân kleinhoewe buite eMalahleni geneem, waar die vuurwapens glo geberg is. Die polisie het ân groot hoeveelheid gelisensieerde vuurwapens en ammunisie op die perseel aangetref, wat as ân ongelisensieerde stoorfasiliteit bevestig is. Daar word beweer die wapenhandelaar het nie meer stoorplek by sy geregistreerde sakeperseel gehad nie.
Die polisie herinner gelisensieerde vuurwapeneienaars daaraan om die vuurwapenbeheerwet te gehoorsaam. Gereelde nakomingsinspeksies by sakepersele is daarop gemik om aanspreeklikheid te verseker en akkurate rekords van gelisensieerde vuurwapens en ammunisie te handhaaf.






