Matriekleerling sterf in motorongeluk

Lees ook :

Foto: Natalie Hattingh Facebook en Hoërskool Die Anker

GAUTENG. – Natalie Hattingh (18), ‘n matriekleerling van Hoërskool Die Anker in Brakpan, het Saterdag in ‘n motorongeluk gesterf.

Die skoolgemeenskap is in rou gedompel ná die afsterwe van hierdie geliefde matriekleerling. Die skool sê in sosialemediaplasing hul harte is swaar oor die groot verlies en dat die hele skoolgemeenskap saam met haar familie en vriende treur. Die skool het ook hul innige meegevoel aan haar ouers en geliefdes oorgedra en beklemtoon dat geen woorde die pyn van so ’n verlies kan verlig nie. Volgens die skool sal Natalie onthou word vir die besondere mens wat sy was en die merk wat sy op almal om haar gelaat het. Haar nagedagtenis sal voortleef in die skoolgemeenskap.

Louise Hattingh, Natalie, oftewel Nats se ouma, sê op sosiale media haar hart is seer oor haar kosbare kleinkind wat sy moes groet. “Dankie Here vir elke oomblik wat ons saam gehad het, al was dit te kort. Ek weet Natalie is nou veilig in U arms, sonder pyn en lyding. Gee my asseblief krag en troos in hierdie moeilike tyd, en help my om vas te hou aan die hoop dat ons weer eendag sal ontmoet. Rus sag, my liefste Natalie… jy sal vir altyd in my hart bly. Ouma is lief vir jou, nou en vir altyd.”

Op ‘n vraag waaraan Natalie oorlede is, het die ouma gesê dit was ‘n motorongeluk.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief