Matriekuitslae word op 18 Januarie 2024 bekendgemaak

Lees ook :

Minister Angie Motshekga Foto: Twitter

KLIK HIER OM AAN TE SLUIT BY DIE FiND iT-WhatsApp groep om eerste die matriekresultate te ontvang!

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Sondag aangekondig dat die 2023 NSS-uitslae op 18 Januarie 2024 aangekondig sal word. Kandidate kan verwag om hulle uitslae op 19 Januarie te kry. Hulle word aangemoedig om dit by die skool/sentrum waar hulle geskryf het, te gaan afhaal. Die uitslae sal ook op die departement van onderwys se webtuiste vanaf sesuur die oggend van 19 Januarie beskikbaar wees.

Motshekga bevestig dat daar geen groot kompromieë met die eksamen was nie. Al is daar nuus oor lekkasies van vraestelle versprei, sê sy dat dit vals is. Volgens haar was die primêre doel van die departement van onderwys dat die eksamen foutvry verloop. Hulle is dankbaar teenoor al die rolspelers dat die eksamen wel glad verloop het.

Mnr. Mathanzima Mweli, direkteur-generaal van die departement van onderwys en dr. Rufus Poliah, hoof van eksamens, het ’n tegniese uiteensetting van die eksamen gegee. Opdaterings oor die merk-, modererings- en standaardiseringsprosesse is ook verskaf.

Die NSS-eksamen word amptelik op 6 Desember voltrek. Aansoeke vir die hermerk van vraestelle sluit op 2 Februarie 2024.

Bronne: Departement van Onderwys, Twitter

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief