VK. – Die vrou wat na bewering die McCann-familie bekruip het, het gister getuig sy het nooit gesê sy is Madeleine McCann vir aandag of om geld te maak nie. Julia Wandelt het getuig sy “bevraagteken steeds wie sy is”.
Lees ook: Vrou wat McCann-familie bekruip, het ChatGPT gevra om DNS te vergelyk
Sy het getuig dat sy “werklik geglo het” dat sy Maddie is en dat ‘n besoek aan ‘n sielkundige oor geestesgesondheidsprobleme gemaak het dat sy ‘n boodskap na Operation Grange-ondersoekers gestuur het waarin sy gesê het sy dink sy kan Madeleine McCann wees.
Wandelt het getuig dat sy “net mishandeling kan onthou” deur haar stiefoupa en dat sy nie van haar trauma kan genees as sy nooit ten volle weet wie sy is nie. Sy het gesê haar pa het aan haar in 2022 gesê die man wat haar mishandel het, “was betrokke by ontvoering” daarom het sy databasisse van vermiste mense deursoek. Dit is hoe sy op Madeleine afgekom het.
Sy het getuig sy het boodskappe vir verskeie mense en ondersoekers gestuur voordat sy met die McCanns in verbinding getree het.
Wandelt en Karen Spragg word aangekla van die bekruiping van die McCann-familie tussen Junie 2022 en Februarie 2025.
Albei het die aanklagte ontken.
Bronne: Mirror, Sky News, BBC
Lees ook: Vrou wat McCann-familie bekruip, het ChatGPT gevra om DNS te vergelyk





