Mediese afval en voedselprodukte spoel op strande uit

Lees ook :

Foto's: Tuinroete Distriksmunisipaliteit

TUINROETE. – Inwoners word gevra om enige mediese afval en voedselprodukte wat op strande in die munisipale distrik uitspoel, te rapporteer.

Andrew Stroebel, burgemeester van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit, sê indien inwoners sulke items teëkom, moet hulle dadelik 063 404 2128 bel en ‘n ligging (pin location) verskaf.

Die items wat op die strande uitspoel, is moontlik van skeepsvraghouers wat tydens rowwe see van skepe gewas is.

“Die redery het wel ‘n diensverskaffer aangestel om die insameling sowel as behoorlike wegdoening van die mediese afval sowel as die voedsel te doen.”

Stroebel voeg by, inligting van die vaartuig se vragmanifes is tydens ‘n vergadering onthul, wat aandui gevaarlike materiale, klas 6.1-vrag, in 540 kg veselglasdromme verpak, is ook van die vrag ter see verloor. Die vermoede is dat dit tot op die seebodem gesink het, maar meer inligting sal duidelikheid gee

“Moet asseblief geen items gebruik of eet nie! Deel asseblief so wyd as moontlik om die boodskap uit te kry.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App