Mediese praktisyn op borg ná beskuldiging van verkragting en seksuele aanranding

Lees ook :

Foto: About.me https://about.me/drgreghough

OOS-KAAP. – Gregory Arthur Hough (53), ‘n mediese praktisyn, is Dinsdag op aanklagte van verkragting en seksuele aanranding in hegtenis geneem en het in die Gqeberha-landdroshof verskyn, waar hy op borg van R5 000 vrygelaat is.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring vyf vroulike slagoffers het gedurende September en Oktober 2020 strafregtelike klagtes teen die verdagte ingedien. Ná ‘n deeglike ondersoek het Hough Dinsdag saam met sy prokureur by die Gqeberha-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdade aangemeld. Hy is op aanklag van verkragting en vier aanklagte van seksuele aanranding in hegtenis geneem. Hough het daarna in die hof verskyn, waar hy op borgtog vrygelaat is.

Die saak sal weer op 10 Februarie 2026 in die hof aangehoor word.

Hough het volgens die Juta Medical Brief ‘n lewenslange verbod om te praktiseer, probeer betwis. Druk hier om meer te lees. In die publikasie word gesê Hough, ‘n voormalige endokrinoloog van Port Elizabeth is deur die Raad vir Gesondheidsberoepe van SA (RGSA) permanent van praktiseer verban nadat hy vir ’n tweede keer skuldig bevind is aan seksuele wangedrag teenoor pasiënte.

Hough, wat nou in Pietermaritzburg woon, ontken die aantygings en het die hof genader in ’n poging om die verbod te laat opskort terwyl hy die bevindinge beveg. Gedurende 2021 is Hough op vyf aanklagte van onprofessionele gedrag skuldig bevind en vir 18 maande geskors. In Junie vanjaar is hy weer skuldig bevind op twee aanklagte wat verband hou met voorvalle in 2013 en 2014. Die RGSA het die slagoffers se getuienis as geloofwaardig bestempel en in Julie beslis dat sy naam van die register geskrap word. Hough voer aan dat die komitee bevooroordeeld was, dat sy versoeke om uitstel afgekeur is en dat daar foute in die beoordeling van getuienis gemaak is. Hy het gesê dat hy sonder inkomste sal wees indien hy nie mag praktiseer nie. Die RGSA het aangedui dat hulle die aansoek sal opponeer.

Lees die hofdokument soos deur die South African Legal Information Institute (SAFLII) deur hier te druk.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief