INTERNASIONAAL. – Die VSA het ‘n formele waarskuwing aan Suid-Afrika uitgereik om nie hierdie naweek ‘n leiersverklaring by die G20-beraad te maak nie. Die brief het gesê “Suid-Afrika se G20-prioriteite is teen Amerikaanse beleide en ons kan nie konsensus ondersteun op enige dokumente wat onder jou presidensie onderhandel is nie”.
Lees ook: Sekere paaie sal Saterdag vir G20-beraad sluit
Die brief het ook gesê “Die VSA staan teen die uitreiking van enige G20-topuitkomstedokument onder die voorwendsel van ‘n konsensuele G20-standpunt, sonder VSA-ooreenkoms.” Washington het gesê dit sal slegs ‘n “chair’s statement” aanvaar wat die “gebrek aan konsensus” wys.
Dit volg nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, geweier het dat enige verteenwoordiger van Amerika die G20-beraad bywoon. Trump het beweer Suid-Afrika pleeg volksmoord teen blanke Afrikaners en het gesê die land “het sleg opgetree” en dat dit “mense uitroei”.
Volgens Chrispin Phiri, woordvoerder van buitelandse sake, “neem Washington se afwesigheid enige sê weg wat dit het in die G20-uitkomste het”.
Bronne: Jacaranda FM, The Citizen, Moneyweb





