Brekende Nuus
Afrikaans

Meer as 1 000 vermis ná kitsvloed in Nepal

Foto ter illustrasie (Canva)

NEW DELHI. – Meer as 1 000 mense, van wie die meerderheid toeriste is, is nou as vermis aangemeld ná ’n verwoestende kitsvloed in Nepal en Tibet.

Volgens The Guardian het Nepal se rampagentskap gesê 823 mense is Donderdag steeds onbereikbaar, meer as 24 uur nadat die ramp plaasgevind het. Minstens 579 van hulle is toeriste, sowel Nepaliërs as buitelanders, het die agentskap in ’n bywerking gesê.

Minstens 165 mense is in Nepal en China dood. In China word nog 558 mense as vermis aangemeld.

Nepal se premier, Balendra Shah, het die kitsvloedramp in die land as ’n “ongekende ramp” beskryf en gesê die regering is besig met reddings- en noodlenigingsoperasies “so vinnig en doeltreffend moontlik”.

Bronne: The Guardian, NDTV World