Die Nasionale Verbruikerskommissie het aangekondig dat 25 729 Volkswagen Polo Vivo-voertuie landwyd herroep word, nadat Volkswagen Group Africa ’n moontlike fout met die handrem geïdentifiseer het. Die betrokke voertuie is tussen Februarie 2025 en Februarie 2026 verkoop.
Volgens die kommissie is ‘n moontlike fout met die handrem geïdentifiseer.
Waarnemende kommissaris Hardin Ratshisusu sê eienaars moet hul voertuie na ’n gemagtigde Volkswagen-handelaar vir inspeksie neem. Enige herstelwerk sal gratis gedoen word. Intussen word motoriste aangeraai om ekstra voorsorg te tref wanneer hulle hul voertuie parkeer.






