Lees ook: Skole môre in Wes-Kaap gesluit
MOSAMBIEK. – Sowat 94 mense is dood na ’n boot naby Mosambiek gesink het.
’n Visserboot met sowat 130 mense het gesink na dit ’n eiland naby die Nampula-provinsie probeer bereik het. Owerhede het gesê die boot was oorlaai en nie geskik vir passasiers nie, wat veroorsaak het dat dit sink.
Tot dusver is vyf oorlewendes gevind, maar die omstandighede in die see bemoeilik die soektog. Die meeste van die drenkelinge was kinders.
Die mense het glo probeer vlug oor paniek wat veroorsaak is deur disinformasie oor cholera.
Bronne: The Citizen, Metro, The Telegraph
Lees ook: Skole môre in Wes-Kaap gesluit





