Meeste padsterftes is jong mense – Padverkeersbestuurskorporasie

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Padongelukke bly een van die grootste oorsake van onnatuurlike sterftes in Suid-Afrika, met jong mense tussen 20 en 39 jaar wat die swaarste getref word. Volgens die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) is hierdie ouderdomsgroep met meer as die helfte oorverteenwoordig in noodlottige botsings, hetsy as bestuurders, passasiers of voetgangers.

Simon Zwane, RTMC-woordvoerder, waarsku dat jong padgebruikers veral kwesbaar is weens ’n gebrek aan ervaring en ’n groter geneigdheid tot riskante gedrag. In 2024 alleen was 5 842 van die 12 172 sterftes jong mense.

Tydens die winter en Junie as Jeugmaand doen owerhede ’n beroep op jong bestuurders, fietsryers, voetgangers en passasiers om versigtiger te wees. Hy sê voorts wintertoestande vereis meer waaksaamheid, aangesien swak sigbaarheid met pendel in die donker en mistigheid, nat paaie en langer remafstande, die gevaar verhoog. Faktore soos spoed, afleiding deur selfone, roekelose gedrag en bestuur onder die invloed van alkohol dra grootliks by tot ernstige ongelukke. Paaie naby dorpe en stedelike gebiede lei tot baie sterftes, vererger deur swak sigbaarheid en die oorsteek van paaie op gevaarlike plekke.

Owerhede moedig jong mense aan om verantwoordelike keuses te maak. Volgens Zwane is padveiligheid nie net ’n wetlike vereiste nie, maar ’n gedeelde verantwoordelikheid.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief