KWAZULU-NATAL. – ‘n Meisie (10) het gister saam met nog twee persone gesterf nadat twee voertuie reg van voor op die N3 naby Ladysmith met mekaar gebots het.
IPSS Medical Rescue het die toneel as “verwoestend” beskryf.
‘n Vierde pasiënt, wat in die wrak van een van die voertuie vasgekeer was, het kritieke beserings opgedoen. EMRS Rescue het die pasiënt bevry, gestabiliseer en vir verdere mediese versorging na ‘n nabygeleë fasiliteit vervoer.
Bron: IPSS Medical Rescue
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





