MOSSELBAAI. – Yolin Kannemeyer (20), wat glo Saterdag deur haar kêrel vermoor is, was na bewering voor die moord saam met haar niggie aangehou.
LEES OOK: Kerke in Namibië protesteer teen homoseksualiteit
Meisies aangehou
Kapt. Wollie Fourie, polisiewoordvoerder, sê ‘n voorlopige ondersoek dui daarop dat Yolin en haar niggie sedert Vrydagaand 28 Mei deur Yolin se kêrel in die huis aangehou is. Yolin se niggie is onder meer met ‘n mes in haar hand gesteek, maar kon Saterdag daarin slaag om te vlug en die polisie van die voorval in kennis te stel.
Ambulans ontbied
‘n Ambulans is omstreeks 15:10 na ‘n woning op Mosselbaai in St. Blaizestraat, Uitbreiding 8, ontbied, maar Yolin was reeds oorlede en is op die toneel dood verklaar.
Sy het veelvuldige kopwonde gehad.
Die verdagte is in hegtenis geneem en het gister in die Mosselbaai-landdroshof verskyn.
LEES OOK: Upington-sersant se liggaam naby treinspoor gevind





