Meisie kry matriekafskeid om te onthou deur pa se werk

Lees ook :

Foto: MISA

OOS-KAAP. – Amna Caroles (18), ‘n gr. 12-leeerder van Hoërskool Union op Graaff-Reinet is deur haar pa, Timotiya Andrew Caroles (42) se aansoek vir die “Beauty and the Beast”-projek gehelp om ‘n droom van ‘n matriekafskeid te ervaar.

Op die Motor Industry Staff Association se Facebook-blad is Amna se plasing van hoe sy ‘n onvergeetlike matriekafskeid gekry het.

Timotiya Caroles, werksaam by Tyremart op Graaff-Reinet, is ‘n lid van die Motor Industry Staff Association (MISA). Caroles het deur die projek van die MISA-Woman’s Forum aansoek gedoen om sy dogter se matriekafskeid spesiaal te maak.

Amna het nie net ‘n droomrok gekry nie, maar ook ‘n fotograaf om spesiale oomblikke van haar afskeid te verewig.

Karen Gouws, nasionale sekretaresse van die Woman’s Forum, sê: “The aim is to help as many matric learners possible to experience this once in a lifetime opportunity that will be captured in their memories forever.”

Caroles het sy dankbaarheid vir die projek uitgepreek en sê hulle waardeer wat vir hulle gedoen is.

#MISA #MISALEADS#MISAFAMILY#MISACARES#MISAONTHEMOVE#PROUDLYMISA

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief