Meisie wat onder boelies deurloop weer terug by die skool

Lees ook :

Die meisie wat deur ‘n medeleerling by die skool voor ‘n groep ander leerlinge geboelie is, het intussen persoonlike besoeke van die departement ontvang.

Die internet het behoorlik gegons oor ‘n video van hoe ‘n leerling ‘n ander leerling aan haar hare rondruk, haar slaan en skop en haar onderklere stukkend ruk terwyl leerlinge rondom hulle staan en kyk.

https://www.facebook.com/441831859565179/posts/1106351533113205/

Die twee meisies is leerlinge aan die Hoërskool Mathole buite Ulundi.

Kwazi Mshengu, LUR van onderwys in KwaZulu-Natal, het gister in ‘n verklaring gesê die meisie is weer by die skool na die video Maandag aan die lig gekom het.

“Gerugte dat die slagoffer intussen oorlede is, is nie waar nie,” sê hy.

Die departement van onderwys het twee leerlinge wat by die insident betrokke was, geskors.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief