Melinda bedank uit Bill & Melinda Gates-stigting

Lees ook :

Melinda bedank uit Bill & Melinda Gates Stigting. Foto: People

Melinda French Gates het Maandag aangekondig dat sy as medevoorsitter van die Bill & Melinda Gates-stigting bedank. Haar laaste werksdag sal op 7 Junie wees.

Volgens Melinda is die keuse nie ligtelik geneem nie. Sy het in 2000 die stigting saam met haar gewese man, Bill Gates, die medestigter van Microsoft, begin.

Die paar is in 2021 na 27 jaar geskei, maar het met hulle gesamentlike liefdadigheidswerk by die organisasie aangegaan.

Melinda sê sy sal voortaan haar fondse aan organisasies wy wat veral op vroue en kinders fokus. Sy sal na dese ongeveer $12.5 biljoen beskikbaar hê vir sulke organisasies.

Bronne: CNN, XM, The New York Times

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief