GAUTENG. – ’n Manlike pasiënt (35) het verlede week positief vir die aappokvirus getoets. Opsporing van diegene met wie hy in kontak was, word tans gedoen.
Die minister van gesondheid, Joe Phaahla, het bewusmaking van die publiek gevra. Volgens die departement van gesondheid het die man op 9 Mei positief getoets, waarna dit deur die instituut vir oordraagbare siektes bevestig is.
Die man het geen reisgeskiedenis na lande wat tans uitbrake van die siekte ondervind nie.
Aappokke is nie hoogsaansteeklik nie, tog kan sekere individue baie siek raak daarvan. Simptome sluit ’n pynvolle uitslag, geswelde limfkliere en koors in.
Bronne: IOL, EWN





