Mens se beste vriend ingespan vir vuilwerk

Lees ook :

Foto ter illustrasie

ROME. – Sommige mense sal tot die uiterste gaan om te vermy om vir gereelde vullisverwydering te betaal – en soms word die mens se beste vriend ingespan om te help.

Volgens CNN het die munisipaliteit van Catania in Sisilië, Italië, Donderdag beeldmateriaal vrygestel van ’n hond wat vullis na ’n onwettige stortingsterrein naby Catania dra.

Die slim hond kan in die video gesien word waar hy ’n groot sak rommel in sy bek het en dit versigtig langs die pad neersit.

“Vindingrykheid … kan nooit ’n alibi vir onbeskaafdheid wees nie,” het die plaaslike owerheid in ’n plasing op Facebook gesê.

“Hierdie gedrag is tegelykertyd slinks en dubbel onregverdig, want benewens die feit dat dit die stad bevuil, probeer dit ook om die reëls te omseil deur ’n niksvermoedende dier uit te buit. Respek vir stedelike netheid en die omgewing is almal se plig.”

Die man is volgens die plasing geïdentifiseer en beboet.

Bronne: CNN, Facebook, The Guardian

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief