DUITSLAND. – Duitse owerhede het gesê 19 mense is beseer nadat ’n vuurwerkvertoning by ’n fees in Düsseldorf Vrydag skeefgeloop het.
Lees ook: Vyf dood in massaskietery – tien verdagtes gesoek
Die vuurwerk het op byna grondvlak afgegaan by die Rheinkirmesfees langs die Rynrivier.
Volgens die Düsseldorf-brandweerdiens is die polisie besig om die voorval te ondersoek.
Bronne: The Independent, DW, The Western Telegraph





