Brekende Nuus
Afrikaans

Mense sal steeds e-tolskuld moet betaal

Die e-tolstelsel sal vanaf 31 Maart geskrap word.

Mense sal steeds e-tolskuld moet betaal

fotokrediet: Canva
Mense sal steeds e-tolskuld moet betaal fotokrediet: Canva

Lees ook: ‘E-tol kan so vroeg as volgende maand geskrap word’ – Lesufi

JOHANNESBURG. – Die Gautengse provinsiale regering gaan steeds motoriste dwing om hulle e-tolskuld  te betaal.

Die tesourie het gesê hulle moes kyk na die bestaande skuld en het saam met die Gautengse regering besluit motoriste moet steeds betaal.

Die e-tol stelsel sal vanaf 31 Maart geskrap word. Dit is onbekend of mense wat getrou betaal het hulle geld sal terugkry.

Outa (Organisasie teen Belastingmisbruik) het gesê hulle sal enigiemand wat aangekla word omdat hulle nie hulle agterstallige e-tolgeld betaal het nie verdedig.

Bronne: eNCA, Moneyweb, Jacaranda FM

Lees ook: ‘E-tol kan so vroeg as volgende maand geskrap word’ – Lesufi