WES-KAAP. – Metropolisiebeamptes het Sondag twee kapings deur dieselfde verdagtes kort ná mekaar gefnuik, waarna ’n 23-jarige verdagte in hegtenis geneem is.
Ald. JP Smith, DA-burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, sê ’n metropolisiepolisiebeampte wat nie aan diens was nie, het ’n kaping by die kruising van Sheffield- en Govan Mbeki-weg gesien en hulp gevra. Die verdagtes het die voertuig agtergelaat en na ’n informele nedersetting gevlug. Een van hulle het glo ’n vuurwapen op polisiebeamptes gerig. Hulle het kort daarna probeer om nog ’n voertuig te kaap, waarna beamptes een van die verdagtes aangekeer het.
Die verdagte staan onder meer op aanklagte wat poging tot moord, kaping, die rig van ’n vuurwapen en die besit van ’n gesteelde selfoon insluit, tereg. Twee voertuie wat in die voorvalle betrokke was, is teruggevind. Die verdagte is vir verdere ondersoek aan die Philippi-Oos-polisie oorhandig.
Druk hier om meer te lees.





