Minister sê uit Lissabon oor Wes-Kaapse kinders in Portugal

Lees ook :

Foto: BT Football

WES-KAAP. – Ricardo Mackenzie, provinsiale minister van kultuursake en sport, het in Lissabon, Portugal, aangekom en bevestig dat hy tans by die kinders van die BT Football Club is. Hy het verduidelik dat die Wes-Kaapse regering ingegryp het omdat die veiligheid en welsyn van die kinders as prioriteit beskou word. Die kinders van die BT Football Club kon ná ‘n toer nie terugkeer na Suid-Afrika nie.

“Ek het pas in Lissabon geland en is tans saam met u kinders. Ek wil erken dat dit ’n ongelooflik moeilike en emosionele tyd vir u almal is, en ek verseker u dat ons alles in ons vermoë doen om hul veilige en vinnige terugkeer huis toe te verseker. Ek verstaan die frustrasie en woede wat baie van u voel oor die omstandighede wat tot hierdie situasie gelei het. Ek verseker u dat daar aanspreeklikheid sal wees. Op die oomblik is ons fokus egter daarop om u kinders te ondersteun en hulle veilig terug huis toe te bring,” het Mackenzie gesê.

Volgens hom sal hy nou saam met amptenare en ander belanghebbendes werk om die proses vorentoe te dryf. ’n WhatsApp-groep is geskep om oop en deursigtige kommunikasie te verseker. “U is nie alleen nie – ons stap hierdie pad saam met u. Sodra ek behoorlik ingelig is en ’n volledige begrip van die situasie het, sal ek gereelde opdaterings verskaf,” het hy gesê.

Mackenzie het ook die Wes-Kaapse departement van internasionale betrekkinge bedank vir hul bystand in Portugal. Hy het voorts vir Tracey Lange, haar man en ander rolspelers wat hande uitgesteek het om die gestrande Suid-Afrikaners veilig terug na SA te bring, bedank. Die groep bestaan uit 25 kinders tussen 13 en 18 jaar, asook drie afrigters.

Die BT Football Academy het in ’n verklaring op 20 Julie 2025 gesê dat hulle daaraan werk om alle spelers wat aan die Donosti Cup in Spanje deelgeneem het, veilig huis toe te bring. Volgens die akademie is alle reëlings vir die toer vooraf getref, maar vertragings met visumaansoeke het veroorsaak dat vlugte eers op die laaste oomblik bespreek kon word. Ná die toernooi was die terugvlugte onbekostigbaar hoog. BT Football Academy het aangedui dat pogings aangewend is om finansiële bystand van owerhede te kry, maar dat geen reaksie ontvang is nie. Intussen is verblyf en kos vir spelers verleng en betaal, met veiligheid en welsyn as prioriteit. Die akademie sê hulle werk aan oplossings en sal nie rus voordat elke speler terug is nie.

Lange het ongeveer 16 uur gelede bevestig daar is met geld van verskeie weldoeners en die hulp van die TAAG-maatskappy daarin geslaag om 28 vlugkaartjies te verseker. Sy het voorts gesê die gestrandes sal binne die einde van die week tuis wees. Vier uur gelede het sy die volgende plasing op Facebook gemaak: “Good morning! Today is considerably brighter since knowing our children are coming home. And as promised, the first of many ‘thank you’ posts to thank those who made this possible. Starting with these below: Pastors Dane and Tersia Mesane from Christ Culture Church, Melisha Moodley for tending to the behind the scenes arrangements. Ceu Dias, for being the plug and negotiating with TAAG and to the TAAG team, Nicole and Suzanna, for helping make this possible. May this serve as a reminder of the beauty of the people of the world and those who help without giving it a second thought. May it encourage all of us to make a difference in any way possible. THESE are the people who made this possible along with the greater SA community and many abroad with so many locals in Lisbon assisting as well. Today on Kfm 94.5 I’ll share the behind the scenes and speak to those who managed to bring these boys back. Christ Culture Church TAAG

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief