Minister vra insette oor konsepwitskrif vir hersiening van burgerskap en immigrasie

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Dr. Leon Schreiber, die minister van binnelandse sake, het Vrydag (12 Desember) die konsepwitskrif oor burgerskap, immigrasie en vlugtelingbeskerming in die Staatskoerant gepubliseer en die publiek genooi om tot 31 Januarie 2026 kommentaar te lewer. .

Luidens die minister se verklaring sal die hersiende beleid sekere voorstelle van die bestaande beleid verfyn en meer detail by die oorspronklike witskrif voeg. Dit sluit prioriteite van die regering van nasionale eenheid (RNE), die visumhersiening deur Operasie Vulindlela, asook die departement se digitale transformasie-agenda in. Die witskrif poog om bedrog en misbruik te bekamp, nasionale veiligheid te versterk, dienslewering te verbeter en ekonomiese ontwikkeling te bevorder.

Belangrike hervormings sluit onder meer in:

  • Vlugtelingbestuur: Die implementering van die “Eerste Veilige Land”-beginsel, waar asielsoekers wat reeds status in ’n ander land verkry het, nie vir asiel in Suid-Afrika kan aansoek doen nie.
  • Burgerskap: ’n Meriete-gebaseerde stelsel vir naturalisasie, ’n jaarlikse aansoektydperk en ’n burgerskapadviespaneel om aansoeke te oorweeg.
  • Immigrasie: Nuwe visumkategorieë vir afstandswerk, beginondernemings, gespesialiseerde werkers, sport en kultuur en die bekendstelling van ’n merietepunte-gebaseerde stelsel vir sekere visums en permanente verblyf.
  • Burgerlike registrasie: Transformasie van die nasionale bevolkingsregister na ’n digitale slim-bevolkingsregister as basis vir ’n digitale ID-stelsel, met digitale registrasie van geboortes en sterftes vir alle inwoners.

Openbare konsultasies sal tussen 15 en 30 Januarie 2026 in alle nege provinsies plaasvind, asook ’n nasionale sessie vir belanghebbendes.

Kommentaar kan geskryf word en tussen 12 Desember 2025 en 31 Januarie 2026 gestuur word aan Whitepaper@dha.gov.za of per pos aan Die Direkteur-Generaal, Departement van Binnelandse Sake, Privaatsak X114, Pretoria, 0001.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief