Brekende Nuus
Afrikaans

Minstens 36 mense dood na drink van onwettige besmette drank

Minstens 36 mense dood na hulle onwettige besmette drank drink

fotokrediet: Canva
Minstens 36 mense dood na hulle onwettige besmette drank drink fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel dreig Hezbollah

INDIЁ. – Minstens 36 mense is dood en meer as 60 is steeds in die hospitaal na hulle onwettige, besmette drank in Tamil Nadu gedrink het. Sedert Woensdag is by die 100 mense al in hospitale opgeneem weens braking, maagpyn en diarree nadat hulle van die besmette drank ingeneem het.

Die regering het gesê dissiplinêre aksie is geneem teen minstens 10 amptenare wat nie die verkoop van onwettige drank voorkom het nie.

Vier persone is in hegtenis geneem vir die verkoop van onwettige drank. Die polisie het 200 liter van die drank gekonfiskeer wat met metanol besmet was.

Bronne: DW – South Africa, Daily Mail, ThePrint

Lees ook: Israel dreig Hezbollah