Mirandi van Die Kontrak deel bewusmaking oor gesinsgeweld

Lees ook :

Foto: Mirandi

Mirandi, die naaswenner van Die Kontrak Seisoen 3, het met ‘n sosialemediaplasing bewusmaking van gesinsgeweld geskep. Die plasing dui aan dat sy uit ‘n verhouding van gesinsgeweld kon ontsnap.

“Kan julle glo hierdie was ek eens op ‘n tyd!, sê die sangeres, wat ‘n kontrak by Coleske Artist Management losgeslaan het.

Mirandi het foto’s van haarself met beserings gedeel.

“God het my uit die as kom optel en heelgemaak, daar is hoop vir almal daarbuite .”

Haar aankondiging kom te midde van die 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders wat tans aan die gang is.

Lees die res van haar boodskap hier onder:

Genesis 3:16b

Gesinsgeweld strek weier as die huwelik. In Genesis 4 het Kain sy broer doodgemaak. In Genesis 16 het Sarai haar slavin mishandel. In Genesis 37 het Josef se boeties hom aan slawehandelaars verkoop

Om God te volg, sluit in om ander te dien, nie te manipuleer en hulle te beheer nie , “Cyber bullying ” lelike kommentaar wat afbreek en nie opbou nie is als nie van God af nie en ‘n vorm van mishandeling. Jesus het aan Sy dissipels gesê: “Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen wat onder julle die eerste wil wees, moet julle slaaf wees. So is dit ook met die Seun van die mens: Hy het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense” (Matt 20:26-28). Sy opdrag aan ons is om “mekaar lief te hê” (Joh 13:34). Ef 5:1-2 sê: “Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle Sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons liefgehad het en om ons ontwil Sy lewe as ‘n offergawe gegee het, ja, ‘n offer wat vir God aanneemlik was.” Christene is geroep om mekaar lief te hê en vir mekaar op te offer, veral hulle in hul eie families.

Kom ons wees die voorbeeld van Jesus liefde teenoor almal al is dit ‘n vyand of iemand wat jy nie spesifiek van hou nie want jy weet nie watse seer daardie persoon dra wat sy of haar laat optree op ‘n manier wat jy nie van hou nie, kom ons bid vir hulle en dra hulle oor aan die Here.

Kom ons vat vandag saam hande en bid teen die geestelike oorlog wat families, gesinne en mense aanval en die wat vasgevang is as instrument in satan se hande, dat hulle sal vry word en dat hierdie soort lelik sal stop en dat vroue wat hulle self bevind in hierdie soort situasie ‘n uitweg en genesing sal kry.

Ons bid vir die bekering van die misdadigers asook vir die genesing vir die slagoffers.

Ek is bewys dat mens met geen skool- of werk ervaring met kinders uit so ‘n situasie gered kan word, die Here kan help, gee net oor en vertrou op HOM , daar is veilige hawens vir vroue en kinders en hulplyne soos “Life line”.

Spread awareness

Bron: Mirandi

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief