NOORDWES. – Corné Engelbrecht (22) en Roelien Hattingh (34) het Woensdag op ‘n moordklag in die Rustenburg-landdroshof verskyn. Dit kom nadat Santie Bothma (54) dood in die bosse naby Dinie Estate Road aangetref is. Tydens die verskyning is bykomende aanklagte van roof, kaping en die regsverydeling ingestel.
AO Ofentse Mokgadi, polisiewoordvoerder, sê die vrou se liggaam is op Dinsdag, 5 Mei, in die bosse ontdek. Haar voertuig is eers vyf dae later, op Moedersdag, in Protea Park opgespoor. Die verdagtes is die volgende dag in hegtenis geneem.
Die twee bly tot 1 Junie in aanhouding.






