Lees ook: Belastingbetalers dok op vir skrap van e-tol
GAUTENG. – Die e-tolstelsel word amptelik geskrap van vanaand 23:59 af, maar motoriste moet steeds hulle uitstaande rekeninge betaal.
Gauteng-premier Panyaza Lesufi het bevestig motoriste sal steeds hulle uitstaande rekeninge wat tot vandag loop, betaal.
Hoe die rekeninge betaal moet word, sal later aangekondig word.
Die e-tol “gantries” sal nou as spoedlokvalle gebruik word en om die hoofweg vir gesteelde voertuie en gekloonde nommerplate te monitor.
Bronne: IOL, Jacaranda FM, Polity





