‘My dogter onskuldig in ’n Thai-gevangenis’

Lees ook :

Ashley Oosthuizen Foto verskaf deur Lynn Blignaut

“My hande is afgekap,” sê Lynn Blignaut oor haar dogter se situasie in Thailand.

Wat aanvanklik soos ’n vals boodskap gelyk het, het in ’n lewensveranderende nagmerrie ontaard. Die boodskap het beweer dat haar 21-jarige dogter in Thailand in hegtenis geneem is. Die bevestiging het die Maandag gekom.

Ashley Oosthuizen is op die eiland Koh Samui in hegtenis geneem nadat sy glo vir ’n pakkie met dwelms geteken het. Sy dien tans gevangenisstraf in Thailand uit.

Lees ook: Só gaan dit met Ashley in Thai-tronk te midde van ‘n Covid-vlaag

Blignaut het besluit om haar in Thailand te vestig. Sy is nou reeds vier jaar daar om haar dogter by te staan en huis toe te bring.

“Geloof en vertroue speel ’n groot rol vir my en Ashley. Ons hou vas aan ons vertroue in God,” sê sy.

Ashley en Lynn by die gevangenis in 2025

Sy beskryf haar magteloosheid. “Ouers is gewoond daaraan om probleme op te los. Maar skielik is jou hande afgekap en al wat jy kan doen, is wag.”

Blignaut mag haar dogter twee keer per week vir 15 tot 20 minute besoek. In Januarie 2025 kon hulle mekaar vir twee uur sien.

Ashley is in Augustus 2021 tot 100 jaar gevangenisstraf gevonnis. Ná ’n appèl is die vonnis verminder na 33,4 jaar, met die aanklag wat verander is van internasionale dwelmhandel na onwettige besit van dwelms.

Die saak is later na die Thaise Hooggeregshof verwys waar haar vonnis verder verminder is na 13,4 jaar. Sy het ook in aanmerking gekom vir ’n koninklike kwytskelding, wat haar vonnis met nog een jaar en tien maande verkort het.

“Ons hoop elke keer vir meer, maar is dankbaar vir elke dag wat sy minder in die gevangenis moet spandeer,” sê Blignaut.

Volg hul reis:

A Voice for Ashley Oosthuizen

A Voice for Ashley

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief