Só gaan dit met Ashley in Thai-tronk te midde van ‘n Covid-vlaag

Lees ook :

Foto: A Voice for Ashley Oosthuizen en Lynn Blignaut

INTERNASIONAAL. – Ashley Oosthuizen (24) dien ‘n vonnis vir dwelmhandel in ‘n Thaise tronk uit, maar volgens haar ma Lynn, wat ook in Thailand is, gaan dit goed met hulle albei.

Ashley is in 2020 vir beweerde dwelmhandel in hegtenis geneem en is deur die owerhede skuldig bevind. Sy haar familie en ondersteuningsnetwerk het sedertdien nog nie opgegee om teen die vonnisoplegging te appelleer nie.

Lynn Blignaut, wat haar dogter Woensdag gaan besoek het, het vanaf ‘n ferry nuus oor Ashley met FiND iT gedeel.

Ashley het nog nooit ernstig siek geword terwyl sy in die tronk is nie. Haar ma sê terwyl alle ander aangehoudenes drie Covid-inspuitings gekry het en intussen siek geword het, het Ashley nie een ontvang nie.

Lynn sê daar is nou weer ‘n Covid-vlaag en sy sal vir die volgende drie maande slegs een keer per week toegelaat word om haar dogter te besoek.

“We are thankful for the 1 visit at least.”

Ashley bied sedert Julie Engelse klasse aan en ontvang elke ses maande ‘n salaris daarvoor. Haar ma sê sy is baie trots op die salaris en voeg by sy werk ook steeds in die tronk se biblioteek.

Lynn self het aan die lewe in Thailand gewoond geraak en die taal begin aanleer. Op ‘n vraag van Ashley aan haar ma oor waar sy gaan bly as sy uit die tronk kom, het Lynn gesê sy sien haarself nie terugtrek Suid-Afrika toe nie.

“I will stay if God wants me to stay or move wherever I believe He wants me to be.”

Volgens Lynn sê Ashley ook dat sy nie van voorneme is om voltyds terug te keer na Suid-Afrika nie. Maar sy sal beslis in haar geboorteland kom kuier. Besluite sal eers gemaak word wanneer die tyd daarvoor aanbreek.

Lynn is tans by die bediening in die tronk betrokke en voel die boodskap van hoop moet as lig in ‘n donker wêreld gebring word. Sy sê Ashley het Maandag in ‘n brief bevestig die kerk is besig om te groei en mense stel belang om die Bybel te lees.

“Praise God! In the end, this is all that matters. We might be in circumstances we don’t want to be, but God turns that which was meant for evil, to good. He never did say it was going to be easy, but that He will never leave us nor forsake us.”

Lynn brei dan uit oor die situasie in Burma nadat sy Dinsdag in ‘n boodskap aan FiND iT gesê het: “My beste friend het gehoor die village wat slegs 2 myl van sy village in Burma is waar sy ma en suster woon, is gebomb – 4x 500 kg bombs vir geen rede nie! Dis verskriklik hartseer.”

“A coup d’état began on Feb 1st 2021 when democratically elected members of the National League for Democracy were deposed by the Tatmadaw (Myanmar’s military) which then vested power in a military junta. Not enough about what really is going on inside of Burma, is being spread across the world. Those who have a voice, should use it to inform.”

En dan sluit sy die boodskap af met: “The Lord’s mercies are new every morning…. And just enough for this day! Praise the Lord!”

Ashley het aan Hoërskool Outeniqua gematrikuleer waarna sy Thailand toe is. Sy het gesê sy het die betrokke dag van haar inhegtenisneming onwetend ‘n pakkie met dwelms namens iemand aanvaar. Sy is egter aan dwelmhandel skuldig bevind en is die doodstraf opgelê. Die doodstraf is na ‘n lang vonnis verander, maar sy wag tans vir haar appèlsaak om in die hooggeregshof aangehoor te word.

Lynn het haar besigheid op George verkoop en Thailand toe gegaan om Ashley te ondersteun.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief