MyCiTi-tariewe styg op 1 Julie om volhoubare diens te verseker

Lees ook :

Foto - Stad Kaapstad MyCiTi bus

Bedryfskoste soos hoë brandstofpryse en instandhoudingsuitgawes dra by tot die verhoging van die MyCiTi-bus-tariewe.

Volgens ’n verslag uitgereik deur die Stad Kaapstad se Direktoraat vir Stedelike Mobiliteit is dit bedoel om die langtermyn-volhoubaarheid van die diens te verseker. Bedryfskoste soos hoë brandstofpryse en instandhoudingsuitgawes dra by tot dié besluit. Verder is die Stad ook onder druk weens naderende befondsingsbesnoeiings deur die nasionale regering.

Volgens die Stad se burgemeesterskomiteelid vir stedelike mobiliteit, raadslid Rob Quintas, bly MyCiTi een van die mees bekostigbare openbare vervoerdienste.

“Geen sektor is onaangeraak deur die stygende brandstofkoste as gevolg van die voortdurende krisis in die Midde-Ooste nie. MyCiTi is geen uitsondering nie. Ons bedryfskoste om ‘n wêreldklas- openbare vervoerdiens te lewer, saam met brandstofprysstygings, het ons huidige tariefaanpassings bepaal.

Quintas plaas klem daarop dat MyCiTi ‘n gesubsidieerde openbare diens is en dat die Stad geen wins maak deur dit aan pendelaars te verskaf nie.

Die tariefverhogings is soos volg:

  • Tussen 38% en 45% vir 0 tot 20 km-afstande.
  • Tussen 32% en 37% vir langer afstande.
  • ’n 50%-verhoging in die Maandpas van R1 500 na R2 250

Die nuwe tariewe sal vanaf 1 Julie 2026 geld, ná goedkeuring van die konsepbegroting deur die Raad op 29 Junie 2026.

Bron: Die Stad Kaapstad

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief