‘N-Kaap benodig groot ondersteuningsingryping om munisipale Eskom-skuld aan te pak’

Lees ook :

'N-Kaap benodig groot ondersteuningsingryping om munisipale Eskom-skuld aan te pak'
'N-Kaap benodig groot ondersteuningsingryping om munisipale Eskom-skuld aan te pak' fotokrediet: Canva

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Noord-Kaapse munisipaliteite skuld Eskom R4,2 miljard rand. Hierdie kommerwekkende verhoging, in vergelying met R2,8 miljard se uitstaande skuld verlede jaar hierdie tyd, is deur die LUR van Finansies, Abraham Vosloo, tydens die begrotingsdebat van die provinsiale tesourie bevestig.

Net die skuld van Sol Plaatje-munisipaliteit, die grootste oortreder in die provinsie, het byna verdubbel tot R720 miljoen.

Die situasie is buite beheer, ondanks beloftes van die provinsiale regering, insluitend die Premier, om die probleem aan te spreek. Die LUR van COGHSTA, Bentley Vass, het in sy begrotingsrede erken dat regeringspogings om munisipale skuld aan te pak, nie die gewenste resultate opgelewer het nie.

Dit is verder kommerwekkend dat teen 20 Junie, net vyf Noord-Kaapse munisipaliteite om Eskom-skuldverligting aansoek gedoen het, wat reeds verby die aansoeksperdatum is. Daar is egter 23 munisipaliteite in die provinsie wat versuim het om hul skuld te betaal.

Die feit dat nie meer munisipaliteite aansoek gedoen het nie, is ’n skande. Die skuldverligtingsprogram kon hul goue kaartjie vir die totale afskrywing van hul Eskom-skuld, oor ‘n tydperk van drie jaar, gewees het indien hulle die voorwaardes nagekom het.

Die meeste Noord-Kaapse munisipaliteite staan nie ’n kans om aan die voorwaardes vir ’n befondsde begroting, tariewe wat diensleweringskostes akkuraat weerspieël en maandelikse uitreiking van gekonsolideerde munisipale rekeninge te voldoen nie. Hulle is ook ver weg daarvan om die vereiste minimum van 80% invordering van eiendomsbelasting en diensheffings vanaf 1 April 2023, asook ‘n minimum van 85% invordering vanaf 1 April 2024, te bereik.

Die situasie verg drastiese ingryping om te keer dat dié munisipaliteite verder in die skuld gedompel word. Dit sluit in ondersteuning om invordering van inkomste te bevorder, afbakening van befondsing vir spesifieke dienste en nakoming van betalingsooreenkomste met Eskom.

Intussen gaan die munisipaliteite wat wel aansoek gedoen het om skuldverligting, ook dringend ondersteuning benodig om te verseker dat hulle konsekwent aan die streng vereistes vir skuldverligting voldoen. Dit is belangrik omdat die versuim van ‘n munisipaliteit om sy verpligtinge vir selfs net een maand na te kom, die noodlenigingsooreenkoms tot niet sal maak. Gegewe die swak kapasiteit in die meeste munisipaliteite, is die kanse hiervoor groot.

Die DA het COGHSTA versoek om saam met die provinsiale tesourie ‘n werkbare plan aan die wetgewer voor te lê om te wys hoe hulle die vereiste ondersteuning aan munisipaliteite gaan verleen. Die skuldverligtingsprogram vereis ook dat provinsiale tesourie maandeliks munisipale nakoming moet monitor en sertifiseer. Ons sal dus ook ‘n gesamentlike kwartaallikse inligtingsessie aan die betrokke portefeuljekomitees versoek.

Dit gaan nie net daaroor om Eskom sy gelde te betaal nie, maar om munisipaliteite van algehele ineenstorting te red.

*PERSVERKLARING

Lees ook: Cosatu-betoging vir Donderdag sal deur Durban-CBD beweeg

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief