Naam van verdagte skoolskieter in Kanada bekend

Lees ook :

Foto ter illustrasie - Benjamin Applebaum

KANADA. – Die 18-jarige Jesse Van Rootselaar is geïdentifiseer as die verdagte in die skietery by Tumbler Ridge Secondary School in Kanada. Volgens polisie is sy op die toneel dood aangetref weens ’n selftoegediende skietwond.

Berigte deur The Guardian meld dat die twee slagoffers wat dood in ‘n nabygeleë woning aangetref is, die verdagte se 39-jarige ma en haar 11-jarige stiefbroer was.

Adjunkkommissaris Dwayne McDonald het bevestig dat Van Rootselaar ongeveer vier jaar gelede weg is by Tumbler Ridge Secondary School en nie onlangs ’n leerling daar was nie. Hy het gesê die verdagte, afkomstig van Tumbler Ridge, het as vrou geïdentifiseer, maar is as biologies manlik gebore en het sowat ses jaar gelede met geslagsverandering begin.

“Polisie het oor die afgelope paar jaar verskeie kere die gesinswoning besoek in verband met bekommernisse oor die verdagte se geestesgesondheid,” het McDonald bygevoeg.

Die slagoffers by die skool sluit ’n 39-jarige onderwyser, drie 12-jarige meisies en twee seuns van 12 en 13 jaar oud in. Een slagoffer is onder ’n trap aangetref, terwyl die ander in die skoolbiblioteek gevind is.

Twee vuurwapens is op die toneel gevind. Polisie ondersoek steeds die oorsprong van die wapens en hul rol in die voorval. Volgens owerhede het die verdagte ’n vuurwapenlisensie gehad wat in 2024 verval het en geen vuurwapens was tans op haar naam geregistreer nie.

Die ondersoek duur voort.

Bronne: Sky News, The Guardian

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief