VSA. – ’n Hof in New York het beslis dat dokumente wat name van slagoffers en geassosieerdes van die veroordeelde seksoortreder en pedofiel Jeffrey Epstein bevat, in Januarie 2024 bekend gemaak sal word.
Epstein, ’n finansierder wat in hoë sosiale kringe beweeg het, is in 2019 op aanklagte van mensehandel vir seksuele doeleindes in hegtenis geneem. Hy het selfdood in die tronk gepleeg.
Ghislaine Maxwell, ’n medepligtige, dien tans 20 jaar gevangenisstraf uit nadat sy skuldig bevind is aan die fasilitering van sy seksuele misdrywe. Sy het glo die slagoffers geïdentifiseer en gereed gekry.
Na bewering is 36 van Epstein se slagoffers geïdentifiseer, waarvan sommige so jonk as 14 tydens die oortredings was.
Die dokumente gaan nie stipuleer wie skuldig en onskuldig is, of waarom hulle deel van die hofverrigtinge was nie. ’n Totaal van 150 name wat slagoffers, e-pos-kontakte, vennote en vriende insluit, gaan op 1 Januarie 2024 bekendgemaak word.
Bronne: ABC, CBC, BBC





