Lees ook: Boeing finaliseer pleitooreenkoms in bedrogsaak
VSA. – Die Nasionale Vervoerveiligheidsraad (NTSB) hou ’n verhoor om enige inligting te kry wat tot dusver weerhou is ná ’n Boeing Co. 737 Max 9-vliegtuig ’n paneel van ‘n nooddeur tydens ’n vlug in Januarie verloor het.
Die Nasionale Vervoerveiligheidsraad sal Boeing se hoofde en die vervaardiger, Spirit AeroSystems Holdings Inc., vandag en môre ondervra. Dit is redelik bekend wat die voorval veroorsaak het, maar die verhoor wil nuwe lig werp op wat by die maatskappy voor die voorval aangegaan het.
’n Paneel van ‘n nooddeur het op 5 Januarie vanjaar van ‘n Boeing 737 Max 9-vliegtuig 16 000 voet in die lug losgekom na skroewe nie ingesit is nie.
Boeing het gesê die voorval is veroorsaak deur papierwerk wat gekort het en veroorsaak het dat die skroewe nie teruggesit is nie.
Daar kan moontlike kriminele klagtes teen Boeing oor die voorval gebring word. Boeing moes reeds skuldig pleit op bedrogaanklagtes na twee vliegtuigongelukke in 2018 en 2019 waarin 346 mense omgekom het.
Bronne: Bloomberg, CNN, AP News





