Nege werkers dood in ontploffing by plofstoffabriek

Lees ook :

Nege werkers dood ná ontploffing by plofstoffabriek fotokrediet: X

CURITIBA, BRASILIЁ. – Ses mans en drie vrouens het Dinsdagoggend in ’n ontploffing by ’n plofstoffabriek in Curitiba, Brasilië omgekom. Sewe mense is in die ontploffing beseer en nege werkers is vermis, maar die staat Paraná se minister van sekuriteit het gesê daar is “geen hoop om oorlewendes te vind nie”.

Lees ook: Texas: Skoolbus slaan om op eerste skooldag

Die maatskappy aan wie die fabriek behoort, Enaex, het gesê dit ondersoek die oorsaak van die ontploffing.

Volgens die siviele polisie van Paraná het beeldmateriaal gewys die oorledenes het by die werk aangekom ná die skofverandering en was besig om voor te berei om as ‘n groep te bid toe die ontploffing plaasgevind het. Die polisie het gesê die beeldmateriaal wys niemand was besig om ploftoestelle te hanteer voor en tydens die ontploffing nie.

Bronne: BBC, Daily Mail, Business Ghana

Lees ook: Texas: Skoolbus slaan om op eerste skooldag

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief