Brekende Nuus
Afrikaans

Netanyahu wil alle gyselaars op een slag bevry hê

Netanyahu wil alle gyselaars op een slag bevry hê
fotokrediet: X
Netanyahu wil alle gyselaars op een slag bevry hê fotokrediet: X

ISRAEL. – Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het gesê die onderhandelinge aangaande ‘n skietstilstand in Gasa fokus nou op ’n ooreenkoms om alle gyselaars op een slag te bevry.

Lees ook: Verskeie lande eis aksie teen hongersnood in Gasa

Hy het Dinsdag tydens ’n onderhoud gesê: “Ek soek al die gyselaars. Die vrylating van al die gyselaars, beide lewend en dood, dit is die stadium waar ons is”. Dit volg nadat hy gevra is of ’n gedeeltelike skietstilstand steeds moontlik is. Netanyahu het gesê: “Ek dink dit is agter ons. Ons het probeer, ons het alle pogings aangewend, ons het deur baie gegaan, maar hulle het ons net mislei”.

Volgens Hamas is ’n afvaardiging van hulle leiers in Kaïro vir “voorlopige samesprekings” met Egiptiese amptenare aangaande ’n ooreenkoms.  Israel het onlangs aangekondig dit gaan Gasastad oorneem nadat indirekte samesprekings tussen Israel en Hamas tot ’n stilstand gekom het.

Volgens die Israeliese media sal die operasie om Gasa geheel en al oor te neem waarskynlik eers in Oktober begin.

Bronne: BBC, NBC News, Euronews

Lees ook: Verskeie lande eis aksie teen hongersnood in Gasa