Brekende Nuus
Afrikaans

Nick Frischke-verdagtes amptelik aangekla

Frishcke het op 14 Februarie verdwyn na hy in Hangberg gaan stap het.

Nick Frischke-verdagtes amptelik aangekla
Die vyf verdagtes het gister in die Wynberg streekshof verskyn waar hulle amptelik aangekla is. fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: R20k beloning steeds vir vind van vermiste Nick Frischke aangebied

KAAPSTAD. – Die saak teen die verdagtes in die Nick Frischke-saak is tot 22 Januarie 2024 uitgestel.

Die vyf verdagtes het gister in die Wynberg-streekshof verskyn waar hulle amptelik aangekla is.

Hulle word ondermeer aangekla van roof, huisbraak, die onwettige besit van vuurwapens en die onwettige besit van ammunisie.

Frishcke het op 14 Februarie verdwyn na hy in Hangberg gaan stap het. Die vyf verdagtes is kort na sy verdwyning in besit van sy rugsak, beursie, ID en kredietkaart gevind.

NPA-woordvoerder Eric Ntabazalila het gesê die polisie het inligting ontvang oor ’n jong man wat lyk soos Frischke wat op Plettenbergbaai ronddwaal. Die jong man praat glo Duits en lyk verward. Ntabazalila het gesê die polisie het die inligting opgevolg, maar nog niks het daarvan gekom nie.

Bronne: EWN, TimesLIVE, The Africa

Lees ook: R20k beloning steeds vir vind van vermiste Nick Frischke aangebied