Lees ook: Betogings in Indië ná moord en verkragting van dokter neem toe
INDIË. – Nie-noodsaaklike mediese dienste in Indië is vir 24 uur gesluit na die moord en verkragting van ’n dokter. Dokters en mediese werkers neem landwyd aan betogings deel.
Konsultasies en elektiewe mediese prosedures is opgeskort terwyl nodige dienste sal voortgaan.
Dit volg na ’n vroulike dokter na ’n 36 uur skof deur ’n vrywilliger by die hospitaal verkrag en vermoor is. Haar halfnaakte liggaam is in die hospitaal deur haar kollegas ontdek. Die skuldige is in hegtenis geneem en het ‘n skulderkenning gemaak.
Duisende mense het betoog sedert die dokter se liggaam gevind is. Hulle vra vir beter veiligheid vir dokters en vir geregtigheid vir die oorledene.
’n Verpleegster wat op pad was huis toe en ’n sesjarige meisie is ook onlangs verkrag en vermoor.
Bronne: DW – South Africa, BBC, New York Times
Lees ook: Betogings in Indië ná moord en verkragting van dokter neem toe





