Nog geen inhegtenisnemings ná tiener kritiek beseer is

Lees ook :

Foto: WAAR Brandit INNIE KAAP

WES-KAAP. – Zaid Hendricks (16) is in ‘n kritieke toestand in die Groote Schuur-hospitaal nadat hy glo op Nuwejaarsdag in Halman’s Walk, Hanover Park, met ‘n wynbottel teen die kop getref is. Nog geen inhegtenisnemings is in die saak gemaak nie.

Die tiener se ma is bekommerd, aangesien hy buiten sy kritieke toestand met ‘n ooraktiewe skildklier gebore is wat wat onder meer hartkloppings kan veroorsaak en die risiko vir ‘n beroerte kan verhoog.

Volgens Nuraan Hendricks, Zaid se ma, het hy en sy neef, Nathier Hendricks, sokker gespeel toe konflik ontstaan het nadat die bal ‘n wynglas in ‘n buurman se erf gebreek het.

Tydens ‘n woordewisseling oor die voorval het Nuraan aangebied om ‘n nuwe glas te koop, maar die betrokke volwassenes, wat na bewering ‘n polisiebeampte insluit, het glo eerder oor Zaid se houding gekla. Die voorval het ontaard toe ‘n wynbottel gegooi en Zaid teen die kop getref is.

Zaid is eers na die Heideveld-hospitaal geneem, en daarna na die Groote Schuur-hospitaal waar hy in die neurologiesaal opgeneem is. Hy het volgens berigte ‘n skedelfraktuur opgedoen en ‘n stuk van die been druk in sy brein. Dokters hou Zaid vir verdere swelling dop voordat daar, indien nodig, geopereer sal word.

Nathier is ook beseer nadat hy glo met ‘n bottel in die rug gesteek is.

Sers. Wesley Twigg sê aan Nuusflits ‘n saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Bronne: SAPD, Cape Argus en Daily Voice

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief