Lees ook: Israel sê drie gyselaars se liggame gevind
GAZA. – Nog ’n gyselaar se liggaam is in Gaza gevind.
Die Israeliese weermag het gesê die liggaam van Ron Benjamin is saam met die liggame van drie ander gyselaars gevind.
Benjamin het op 7 Oktober in ’n groep naby die Gaza-grens fiets gery toe Hamas Israel aangeval het. Sy familie het gesê hy het besluit om huis toe te ry. Hy is naby die Nova-fees doodgemaak. Sy liggaam is saam met die liggame van Shani Louk, Amit Buskila en Itzhak Gelerenter in Gaza gekry. Hulle is ook naby die Nova-fees doodgemaak en hulle liggame na Gaza geneem.
Bronne: BBC, ABC, The Independent





