Brekende Nuus
Afrikaans

Nog ‘n Hezbollah-leier dood in Israeliese aanval

Nog ‘n Hezbollah-leier dood in Israeliese aanval

fotokrediet: Canva
Nog ‘n Hezbollah-leier dood in Israeliese aanval fotokrediet: Canva

Lees ook: Betogings in Israel op 1 jaar-herdenking van begin van oorlog

Die Israeliese weermag het gesê dit het nog ‘n Hezbollah-leier in Beiroet doodgemaak.

Suhail Hussein Husseini is gister dood in ‘n lugaanval op Beiroet. Hy het glo gehelp om wapens in Iran in te smokkel en volgens Israel het hy terroristeaanvalle teen Israel beplan. Husseini was ook ‘n lid van die Jihad-raad.

Die aanval het ook Hezbollah se navorsing-en-ontwikkelingseenheid wat vuurpyle ontwerp, geteiken.

Bronne: The Telegraph, The Hindu, The Independent

Lees ook: Betogings in Israel op 1 jaar-herdenking van begin van oorlog