Betogings in Israel op 1 jaar-herdenking van begin van oorlog

Lees ook :

Betogings in Israel op 1 jaar-herdenking van begin van oorlog
Betogings in Israel op 1 jaar-herdenking van begin van oorlog fotokrediet: Canva

Lees ook: Ten minste ses Libanese dood in Israeliese aanval in Beiroet

ISRAEL. – Die families van die gyselaars wat op 7 Oktober 2023 deur Hamas gevange geneem is, het buite die huis van die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, betoog met ’n sirene wat vir 2 minute afgegaan het op die herdenking ‘n jaar nadat Hamas Istrael aangeval en die oorlog begin het.

Die families was buite sy huis om hom aan te moedig om hulle familielede terug te bring huis toe. Hamas het Israel op 7 Oktober 2023 ingeval en sowat 1 200 Israeli’s doodgemaak en nog sowat 250 ontvoer.

Sedert die begin van die oorlog het 41 909 mense in Gaza omgekom. Hamas het Maandag vuurpyle op Israel gevuur, waartydens twee mense beseer is.

Hernieude gevegte tussen Hamas en die Israelse weermag het in die noorde van Gaza uitgebreek.

Bronne: NBC News, CNN, Metro

Lees ook: Ten minste ses Libanese dood in Israeliese aanval in Beiroet

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief