Lees ook: Russell Brand vra aanhangers vir finansiële ondersteuning
VK. – ‘n Tweede ondersoek teen Russell Brand is deur die Thames Valley-polisie begin.
‘n Vrou het hulle glo twee weke gelede gekontak met “nuwe inligting” aangaande verslae oor “teistering en agtervolging”. Die vrou het glo verskeie kere voorheen na die polisie gegaan tussen 2018 en 2022, maar geen verdere aksie is geneem nie. Brand het die vrou in 2017 beskuldig van teistering.
Brand word ook vir seksuele aanranding in die VK ondersoek.
Brand is op 16 September beskuldig van aanranding, verkragting en emosionele mishandeling na ‘n ondersoek deur die The Sunday Times, The Times en Channel 4.
Bronne: BBC, Sky News, ITVX, Deadline
Lees ook: Russell Brand vra aanhangers vir finansiële ondersteuning





