Nog ‘n soldaat sterf in die DRK

Lees ook :

Foto: Marie Pieterse Facebook-blad

Maj. Tolla Pieterse (46) van Heidelberg het Maandag gesterf toe ‘n handgranaat naby slaapkwartiere, waar hy in die DRK ontplooi was, ontplof het.

Marie Pieterse, sy vrou, het die volgende boodskap vir haar man op sosiale media gedeel: “Tolla. Jy het minder as 6 mnde oor gehad. Jy het gedoen wat jou hart wou doen. Jy het jou alles gegee en ons is trots op wat jy vir almal gedoen beteken het vir baie was jy ‘n vasbyter en ‘n voorbeeld. RIP gaan jou meer as net mis.”

Die SANW sê in ‘n verklaring die basis waar Pieterse gesterf het, is in Beni, in die ooste van die DRK. Dit is onseker waarom die handgranaat ontplof het, maar ‘n ondersoek is geloods.

Pieterse, wat nie in die verklaring geïdentifiseer is nie, is wel deur sy vrou as die oorledene en in ander mediaberigte geïdentifiseer. Hy was onlangs tuis en moes terugkeer na sy basis, maar sy familie het uitgesien om hom oor minder as ses maande weer te sien.

Die majoor word deur sy vrou, Marie, en twee tienerdogters oorleef.

Foto: Marie Pieterse Facebook-blad

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief