Kleindogter en ouma sterf in ongeluk

Lees ook :

Foto: Laerskool Klipfontein

MPUMALANGA. – Erika Groenewald, ‘n leerder van Laerskool Klipfontein in Emalahleni (Witbank), het saam met haar ouma in ‘n motorongeluk gesterf.

Bella, Esmé en Odette, Erika se susters, herstel nog van die ongeluk.

Laerskool Klipfontein het medelye met die afsterwe van hulle leerder uitgespreek: “Ons innige meegevoel aan die Groenewald familie! Ons bid ook ‘n spoedige herstel toe aan die oorlewendes!”

HTS Witbank het ook medelye betuig: “Ons innige simpatie en meegevoel gaan uit na die Groenewald-familie. Rus in vrede liefste Erika Groenewald. Ons bid vir vertroosting en volkome genesing vir die drie Klippies-leerders wat tans herstel.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief