Kleindogter en ouma sterf in ongeluk

Lees ook :

Foto: Laerskool Klipfontein

MPUMALANGA. – Erika Groenewald, ‘n leerder van Laerskool Klipfontein in Emalahleni (Witbank), het saam met haar ouma in ‘n motorongeluk gesterf.

Bella, Esmé en Odette, Erika se susters, herstel nog van die ongeluk.

Laerskool Klipfontein het medelye met die afsterwe van hulle leerder uitgespreek: “Ons innige meegevoel aan die Groenewald familie! Ons bid ook ‘n spoedige herstel toe aan die oorlewendes!”

HTS Witbank het ook medelye betuig: “Ons innige simpatie en meegevoel gaan uit na die Groenewald-familie. Rus in vrede liefste Erika Groenewald. Ons bid vir vertroosting en volkome genesing vir die drie Klippies-leerders wat tans herstel.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief