Lees ook: Grondverskuiwings in Ethiopië eis minstens 146 mense, insluitend kinders
ETHIOPIЁ. – Reddingswerkers is steeds op soek na mense wat moontlik die grondstortings in die bergagtige gebied van Kencho Shacha Gozdi, Ethiopië, oorleef het.
Tot dusver het 229 persone, 148 mans en 81 vrouens, as gevolg van die grondstortings omgekom.
Dit is onbekend hoeveel mense nog vermis word.
Reddingswerkers is besig om hommeltuie te gebruik om na oorlewendes te soek. Owerhede het gesê die meeste mense is onder die modder begrawe terwyl hulle ander inwoners wat meegesleur is, met hulle hande en grawe wou uitgrawe ná die eerste grondverskuiwing wat Sondag plaasgevind het.
Bronne: The New Indian Express, First Post, Gulf News
Lees ook: Grondverskuiwings in Ethiopië eis minstens 146 mense, insluitend kinders





