Brekende Nuus
Afrikaans

Nog reën vir die week voorspel

Die res van die land het ’n 30 tot 80% kans vir reën.

Nog reën voorspel vir die week

fotokrediet: Canva
Nog reën voorspel vir die week fotokrediet: Canva

Lees ook: Een persoon dood in Wes-Kaap-storm

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het gewaarsku nog reën word vir die week voorspel.

Daar is drie oranjevlak en twee geelvlak weerwaarskuwings vir swaar reën en erge storms vir verskeie provinsies uitgereik. Swaar reën word vir Pretoria, Johannesburg, Bloemfontein, Kimberley, Worcester, Graaff-Reinet, Vredendal, Beaufort-Wes en die hele Wes-Kaap voorspel.

Die res van die land het ’n 30 tot 80% kans vir reën.

Een persoon is in Kaapstad weens die swaar weer dood. Volgens IOL was hy ’n sekuriteitswag wat sy rondtes gedoen het toe ’n boom op hom geval het.

Die weer sal teen Dinsdag of Woensdag begin opklaar.

Bronne: IOL, The Africa, Cape Town ETC

Lees ook: Een persoon dood in Wes-Kaap-storm