Nog studentebetogers in aanhouding

Lees ook :

Foto's: Verskaf

VRYSTAAT. – Nog agt betogers, vermoedelik studente van die Universiteit van die Vrystaat, is vanoggend (Woensdag) omstreeks 07:20 in hegtenis geneem nadat hulle DF Malherbestraat, langs hek 5 van die universiteit, versper het.

Lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, bevestig aan Nuusflits ses mans tussen 19 en 24 en twee vroue van 19 en 20 jaar oud, is in hegtenis geneem. ’n Saak van openbare geweld is by die Parkweg-polisiekantoor geopen, met bykomende aanklagte van die oortreding van die Wysigingswet op Geregtelike Aangeleenthede en Padverkeerswet.

Die betogers sal binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

Video soos ontvang:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief