NSRI waarsku watergebruikers ná rob-voorval in Houtbaai

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

KAAPSTAD. – Ná ’n voorval waarin ’n rob en kajakgebruikers in Houtbaai betrokke was, het die Nasionale Seereddingsinstituut waardering uitgespreek vir die vinnige reaksie van die Stad Kaapstad en gesê die situasie word steeds aktief gemonitor.

Andrew Ingram sê dat twee robbe uit die gebied verwyder is, een wat Saterdag by ‘n voorval betrokke was, en ‘n ander geval wat Woensdag by Duikereiland plaasgevind het. Hy waarsku dat hondsdolheid by Kaapse pelsrobbe langs sekere dele van die kus ’n ontwikkelende situasie is en dat afsonderlike uitbrake van tyd tot tyd kan voorkom. Daar is aanduidings dat die Duikereiland-kolonie moontlik so ’n uitbraak ervaar. Die NSRI moedig alle watergebruikers aan om versigtig te wees in die teenwoordigheid van robbe. Alhoewel ontmoetings met robbe gereeld voorkom, moet enige aggressiewe of abnormale gedrag ernstig opgeneem word en by die toepaslike owerhede aangemeld word.

Die NSRI gee die volgende veiligheidsadvies vir watergebruikers: moenie robbe nader nie, moenie alleen swem of paddle nie, gebruik ’n helder reddingsboei (tow float) en veiligheidsfluitjie, hou jou selfoon waterdig en gelaai, gebruik die NSRI SafeTRX-toepassing. Hou ook ‘n bottel met vars water en basiese eerstehulp byderhand. As ’n rob aggressief of moontlik hondsdol optree, moet watergebruikers kalm bly en onmiddellik die water verlaat, ’n veilige afstand hou, nie probeer help of die dier hanteer nie, en enige strandsluitings of veiligheidswaarskuwings volg. Huisdiere moet aan ’n leiband gehou word en weg van robbe of robreste. Enigiemand wat blootgestel word, moet die aangeraakte plek deeglik was en onmiddellik mediese hulp soek.

Die NSRI beklemtoon dat hierdie waarskuwing slegs voorsorgsmaatreëls is. Die meeste ontmoetings met robbe is nie aggressief nie, maar bewustheid en verantwoordelike gedrag help om risiko te verminder. Die NSRI bly toegewy aan die beskerming van lewens en die ondersteuning van gemeenskappe in en rondom Suid-Afrikaanse waters.

NSRI-noodnommer: 087 094 9774. Meld enige aggressiewe robgedrag by die Stad Kaapstad aan by 021 480 7700.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief