LIMPOPO. – ‘n Provinsiale opsporingspan is aan die werk om verdagtes op te spoor nadat daar Saterdag om ongeveer 10:30 skote tydens ‘n begrafnis geskiet is. ‘n Video van die voorval word op sosiale media gedeel.
Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê die voorval het in Klipheuwel‑dorp, onder die Elandskraal‑polisiëringsgebied, in Sekhukhune-distrik, plaasgevind. Voorlopige ondersoeke toon dat ’n groep begrafnisgangers by die begrafnis van ‘n kollega, in die insleepdiensbedryf, teenwoordig was. Tydens die begrafnis is skote in die lug geskiet. ’n Saak van nalatige hantering van vuurwapens en ammunisie is geopen en ondersoeke is aan die gang om die verantwoordelikes te identifiseer, die wapens in beslag te neem en hulle te vervolg.
Enigiemand met relevante inligting word gevra om kapt. Phaladi Makola by 082 749 2233 te bel.







One Response
This design is steller! You obviously know how to keep a reader amused. Between your wit and your videos, I was almost moved to start my own blog (well, almost…HaHa!) Excellent job. I really loved what you had to say, and more than that, how you presented it. Too cool!